082 805 3932   E-mail Us  
Die Buffalo Valley Stelsel

Die Buffalo Valley Stelsel


Die belangrikste aspek van die stelsel wat beklemtoon moet word is dat die veld as basis vir die stelsel dien. Hier word geen graan verbou nie en slegs hooi word in die winter vir n kort tydperk gebruik. Sodra u die veld as basis gebruik, is u genoodsaak om diere te selekteer om by u spesifieke stelsel aan te pas. By BV is hierdie seleksie alreeds oor die jare gedoen d.m.v. die uitskot van diere wat nie in die stelsel beset raak nie. Vyftig persent van die beskikbare weiding word al om die ander jaar gebrand en die vee word op die gebrande veld in die somer aangehou (vanaf 1 Nov tot 1 Junie). Vanaf 1 Junie tot 1 September word die spaarveld gebruik , wat dan weer gebrand word vir die volgende somer se weiding. Hier word 1.5 ha/G.V.E. weiding druk toegepas. Die kalf persentasie wissel tussen 92 tot 97 %. Eerste kalf koeie loop op die beter weiding,  herbesetting is dieselfde as die koeie. P6 lekke word vanaf Okt tot einde Maart  uitgesit daarna Molatek Dryveld lek Of Bio Minerale winterlek, geen Produksie lekke wod gebruik nie. Die BV stelsel word hierna op n maand basis uitgedruk.

 

Augustus

Normale kalf seisoen begin. Kalwers en koeie word geweeg en oorkodes word geknip. Weeg koeie en kalwers binne twee dae na geboorte. Naelstring word gespuit en Sulpha middel word vir kalwers gespuit.

Lekke - Onderhoudslek.

Inentings - BVD en Vibrin vir verse wat gepaar moet word in September.

Voeding - Koeie op spaarveld en word verskuif na hooi sodra hulle gekalf het.

Weeg verse 1 jaar massa.

 

September

Paar eerste kalf koeie, 2 jaar verse 15 September. Onthoring Augustus kalwers, weeg koeie en kalwers binne twee dae na geboorte.

Koeie kalf nog

Lekke - Onderhoudslek. Brand spaar kampe en rus die res.

Inentings - Knopvel stywesiekte , spuit langwerkende middel teen bosluise ( Ivomec Gold

Voeding - Begin hooi voer vir alle diere. Verse word op deurwaste Oulandsgras gepaar.

Bemes Oulandsgras

 

Oktober

Onthoring September Kalwers en weeg koeie en kalwers binne twee dae na geboorte.

Voeding - Hooi

Lekke - Onderhoudslek

Inentings - BVD  vir alle koeie na kalwing.

Jaar oud bulle begin Fase D op veld met P6 fosfaat lek.

 

November

Paar koeie. Haal bulle uit by verse. Doseer kalwers teen Lintwurm. Koeie gaan veld toe met P6 fosfaat lek. Onthoring Oktober kalwers en weeg koeie en kalwers bine twee dae na geboorte.

Ent alle diere teen Milt,Spons,Knopvel,Lamsiekte en Stywesiekte. Spuit Multimin en Vitamien A. Spuit Ivomec Gold  vir in en uitwendige parasiete. Doen TB en BM toetse.

Weeg fase D 1 jr. bulle elke 2 weke.

Twee jaar bulle vir somer fase veldtoets.

 

Desember

Koeie op veld met P6 fosfaat lek. Dip wanneer nodig. Doseer kalwers vir rondewurm, Lintwurm en Slak.

Kalwers ontvang skraagdosis van spons en lamsiekte (duovax ) 4 weke na eerste inenting November

Begin hooi maak.

 

Januarie

Koeie op veld met P6 fosfaat lek. Spuit Multimin en Vitamiene A. Haal bulle uit einde Januarie. Doseer jong diere teen Lewerslak en Haarwurm. Dip soos nodig. Weeg eerste kalf koeie en kalwers vir speen massa.

 

Februarie

Speen kalwers van eerste kalf verse. Ent kalwers teen BVD en doseer vir Lintwurm.

Koeie op veld met P6 fosfaat lek. Dip wanneer nodig.

 

Maart

Weeg koeie en kalwers vir speen massa. Weeg verse vir 18 mde.

Koeie op veld met P6 Fosfaat lek

Sluit fase D toets af. Genootskap keuring van 15 tot 18 maand oue diere.

Dragtigheids ondersoeke 15 Maart.

Nie dragtige diere word uitgeskot.

Brand gekeurde diere.

Begin met voorbereidings vir die brandseisoen.

 

April

Sluit veld fase vir veilings bulle. Begin afronding vir veiling. Voer (beesvet konsentraat 200kg en hominy chop 800kg) op spaarveld plus hooi. Doseer vir Lint en Rondewurms. Ent alle kalwers teen BVD, Spons,Lam,Miltsiekte,Rooiwater,Galsiekte en verse teen Brusellose.en Vibriose

Brand Speenkalwers.

Koeie op veld met onderhoudslek. Kalwers op Kikuyu met onderhoudslek.

Begin winter veld fase vir fase D groep bulle. Toets bulle vir vrugbaarheid en Trichomonoses.

Gaan aan met voorbereidings vir die brandseisoen

 

Mei

Koeie op veld met onderhoudslek. Kalwers op Kikuyu met n onderhoudslek.

Spuit eerste kalf verse Ivomec, Multimin en Vitamien A.

Buffalo Valley Produksie Veiling 4de Woensdag in Mei!

 

Junie

Eerte kalf verse begin kalf.

Kalwers word geweeg en oorkodes word ingeknip, weeg koeie en kalwers bine twee dae na geboorte. Naelstring word gespuit en Sulpha middel word vir kalwers gespuit. Alle diere op spaarveld met onderhoudslek. Sodra verse kalf skuif na hooi met onderhoudslek. Maak voorbrande.

 

Julie

Eerste kalf koeie kalf nog tot einde Julie. Onthoring Junie kalwers. Weeg koeie en kalwers binne twee dae na geboorte.

Weeg jaar massas vir verse. Begin aanpassing vir fase D bulle.

Maak klaar met voorbrande.

 

Indien hierdie stelsel vir u van nut was of u net nog inligting verlang kan u ons gerus skakel.

E-pos: buffalovalley@skyafrica.co.za
John Roos: 082 809 7941
Vic Roos: 082 805 3932