082 805 3932   E-mail Us  
Buffalo Valley News | Buffalo Valley Nuus

Buffalo Valley News


2015 met sy droogte , stygende brandstof pryse , verhoogte  lone , en insetkostes  word beskryf as n keerpunt in die landbou.

Die positiewe is dat ons Hemelse Vader in beheer is en daar groot voorspoed voorlê omdat landbou grond minder word en honger mense meer word. Die Landbou gaan die no 1 bedryf in die land word as ons gesindheid reg is en ons dankbaar ons Skepper loof.

In hierdie droë jaar het die B.V. koeie swaar kalwers gespeen en is die koeie 90% herbeset eerste kalf koeie 85% en verse 100%. Al die diere het met ‘n P6 lek deur die somer gegaan. Dit is die geheim van volhoubare winsgewende beesboerdery; LAE INSETKOSTES. Geen ander ras kan hier in die suurveld sonder duur byvoeding en oesrestes dit reg kry nie. Graan sal nie weer goedkoop word nie en diere sal daarsonder moet klaarkom.

Ons boer met koeie en ons moet veldaangepaste diere gebruik as ons genoeg kalwers wil aankry en om dit reg te kry moet ons veldgetoetste bulle gebruik.

Om ‘n ingeligte besluit met u aankope te neem poog B.V. om soveel data moontlik beskikbaar te stel.

B.V. is geleë op die oostelike Hoëveld in die misbelt met kort, nat somers en lang koue winters, sneeu kom gereeld voor. Dit is strawwe rooiwater en galsiekte kontrei, in die vleie kom tulp voor. geen  kontant gewasse word verbou nie, Eragrostis hooi word gemaak.

Al ons diere kry hooi vanaf September tot groen weiding beskikbaar is, gewoonlik 15 Oktober. Die res van die tyd loop hulle op veld. Vanaf 15 Oktober tot 28 Februarie kry hulle fosfaak lek (P6). Vanaf 1 Maart tot 15 Oktober kry hulle Dryveld Lek (onderhouds lek)

Bulle word onderwerp aan ‘n veld toets en word vir 6 weke afgerond vir die Veiling op spaarveld en kragvoer. Dit is die enigste graan wat hulle in hulle lewe kry. Verwys na die Bul indeks en teelwaarde tabelle.

Die vroulike diere word 6 weke na die einde van die dek getoets vir dragtigheid, en die wat nie dragtig is nie word uitgeskot, al die koeie  wat  8  jaar oud word kom ook op die veiling, hulle word nie gevoer nie kry net die normale lek. Verwys na die Koei indeks en Teelwaarde Tabelle.

Ons missie is om rasegte Drakensbergers te teel wat elke jaar ‘n goedgekeurde  kalf produseer op suurveld sonder duur byvoeding en om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die verbetering van die ras.